Dankbaarheid as deel van Lofprysing

Ek het die vakansie die boek Prison to Praise van Merlin Carothers gelees en dit het n geweldige indruk op my gemaak. Die vraag waarmee ek geworstel het nadat ek dit gelees het was: 

Moet ons die Here loof in alle omstandighede of vir alle omstandighede?

1 Tess 5:18 s:  
NV - Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

NIV Give thanks in all circumstances, for this is the will for you in Christ Jesus

KJV - In every thing give thanks: for this is the will of God in Christ Jesus concerning you. 

Maar Eff 5:20 s:  
NV - Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.

KJV - Giving thanks always for all things unto God and the Father in the name of our Lord Jesus Christ 

Merlin Carothers skryf in sy boek dat die Here n pad met hom gestap het en hom geleer het hoe om Goddelike vreugde te h. Een van die dinge wat Hy moes doen was om God vir alles dankie te s. Ook vir die slegte, al maak dit geen sin nie.Hy skryf: Looking only at the good side of every situation is often a dangerous way of trying to escape the reality of it. When we praise God we thank Him for our situation, not in spite of it. We are not trying to avoid our dilemmas. Rather Jesus Christ is showing us a way to overcome them.

Fil 4:6 het my ook baie laat wonder. Hoe moet n mens jou begeertes / behoeftes met danksegging aan God bekend maak?

NV - Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.

KJV - Be careful for nothing; but in every thing by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known unto God. 

Ek dink die antwoord l in die gesindheid waarmee jy lof en dank bring. As ons dankie s vir alles, ook die slegte dinge, as deel van n resep om God se guns te verkry is dit n vorm van manupilasie. Maar as ons met n opregte hart God dank dat Hy in beheer is, dat Hy die beste vir my weet en alles te goede sal laat meewerk; bring dit n verandering in my gesindheid. God kan dan aan ons omstandighede begin werk want Hy hoef nie meer aan ons gesindheid te werk nie.

Spr 15:8  Hy aanvaar die gebede van opregtes.

Carothers skryf  The very act of praise releases the power of God into a set of circumstances and enables God to change them if this is His design. Very often it is our attitudes that hinder the solution of a problem. God is sovereign and could certainly cut across our wrong thought patterns and attitudes. But His perfect plan is to bring each of us into fellowship and communion with Him, and so He allows circumstances and incidents witch will bring our wrong attitudes to our attention.

Ek het onlangs een nag wakker geword van n baie harde donderslag en het dadelik besef dit het die krag uitgeslaan. Die Heilige Gees het die vraag in my gemoed laat ontstaan. Wat is die enkele woord wat my eie menslike krag dadelik kan uitslaan, soos die weerlig die elektrisiteit uitslaan Ek het in n toestand tussen slaap en wakker die hele nag verder met die vraag geworstel. Iewers in die vroe oggend ure het die woord Dankie vir my begin uitstaan. Ek het besef, die woord dankie vat alle aandag van die spreker daarvan af en rig dit op n ander persoon of op God. Die gesindheid waarmee jy dankie s, of dit nou vir God of vir mense is, moet natuurlik opreg en sonder bybedoeling wees. Anders is dit n vorm van manipulasie.

Judas:16 NLV Hulle vlei ander ter wille van eie voordeel 

Onlangs droom ek, ek ry langs die see en daar kom n tsunamie wat oor my motor spoel maar in plaas van om my weg te spoel, vorm die reuse golf n tonnel om my. Net soos die waarin die branderplankryers ry. Ek het n gevoel van ekstase in die groot vloedgolf gehad en sover as wat ek gery het, het die golf voor my oop gegaan. Die droom was so vreeslik werklik en het by my gebly, later die dag het die Heilige Gees die betekenis daarvan vir my geopenbaar. As ons omstandighede vir ons soos n tsunamie voel, maak lof en dank aan God n tonnel, sodat ons vreugde in ons omstandighede kan beleef en ons sal nie weggespoel word nie.

My gebed is dat die Heilige Gees jou sal leer en lei om n lewe van dankbaarheid te lei en dat jy n vaardige branderplankryer sal word wat self die grootste vloedgolf sal kan oorleef. Ek wil ook die boek, Prison to Praise van Merlin Carothers regtig aanbeveel. Dit is n klein boekie wat vinnig lees en soveel mense se lewe al verander het. Dis ook in afrikaans beskikbaar as Leer Hom loof 

Mag jy sy vrede en vreugde in elke situasie ondervind.

Retha de Villiers
lewenssaad@gmail.com

<TERUG NA BO